Ietsie oor ons


Carpe diem Pre-primêr is n voorskool in Malanhof, Randburg Noordwes van Johannesburg gestig in Januarie 2008 nadat ons geen goeie Afrikaanse kleuterkoole in ons omiddelike ongewing kom kry nie. As ouers wat net die beste vir hul kinders wil he, het Zelda Barnardt wat die skool gestig het besluit om die taak self te verrig en haar passie vir kinders en onderig om te skakel in ‘n voltydse beroep. Gewapen met haar dryfkrag, kennis van opvoeding en die jare se ervarings wat sy by haar ma se skool bibberboudjies  opgedoen het is die idée gerealiseer en die skool gebou en ingerig vir kinders. Vandag is ons een van die top kleuter skole in die omgewing en berei kinders voor vir skole soos Fontainebleau, Unika, Louw  Geldenhuis en Fairland. Ons laat ‘n maksimum van 30 kinders per jaar in die skool toe want ons wil verseker dat elke kind sy volle potentiaal bereik en dat elke kind individuele aandag kry.
Die naam  Carpe Diem kom van die laynse uitdrukking wat letterlik pluk of gryp die dag beteken.

 





Back Back to top